Wednesday, July 21, 2010











Ek dink almal sal saam stem dat die sokker wêreldbeker een GROOT sukses was! Wit, swart, oud of jonk, almal was opgewonde vir die ervaring van n leeftheid.

Die gees en opwinding vir die wêreld beker het alreeds lank voor die afskop datum begin. Almal is al lank in rep en roer en besig om voor te berei vir die dag waarvoor ons nou al vir vier jaar lank uitsien.

Ek het die geleentheid gehad om die 2010 sokker wereldbeker se gees en joligheid in meer as een land te ervaar.

Met die afskop van die wêreld beker was ek in Suid-Afrika. Ek het ongelukkig nie die geleentheid gehad om die opening by Soccer city te kyk nie maar ek het dit saam met vriende by die huis geniet en ek is seker ons gees was net so groot soos die gees by Soccer city. Almal was geklee in hul trots Suid-Afrikaanse klere. Met die eerste wedstryd het Bafana Bafana gladnie teleurgestel nie. Hulle het n puik wedstryd teen Mexico gespeel.

Na die opening het ons oorgevlieg Spanje toe. In Spanje was die gees vir die wêreldbeker net so groot. Ons het met baie Spanjaarde gepraat en hulle was baie opgewonde oor die feit dat dit in Suid-Afrika plaasvind. As die tyd angebreuk het vir n sokker wedstryd was daar nie plek vir n muis in enige pub nie. Ons het met trots ons Suid-Afrikaanse hempies aangetrek en die wedstryde geondersteun alhoewel niemand te opgewonde was oor die vuvuzelas nie,ons het maar besluit om ons longe te spaar vir Suid-Afrika.



Ons het na Spanje terug gekeur Suid-Afrika toe. Ons het op Oliver Thambo lughawe geland. Ek was baie beindruk met hoe die lughawe versier is en met hoe vlot alles verloop het. Die gaurein was ook alreeds aan die gang en alhoewel dit taamlik duur is vergemaklik dit die vervoer probleem aansienlik baie. Die gees op die lughawe self was iets om te beleef. Daar was toeriste van reg oor die wêreld, almal gereed om hul land met passie te ondersteun. Dit was net n plesier om terug te wees in Suid-Afrika. Die karre en strate het pragtig gelyk met die die vlae en dit was geen pyn om saans te gaan slaap met die gedreun van vuvuzellas wat nog in jou agterkop suis nie.



Ons het toe Namibie toe vertrek. Die gees was daar net so groot, en omdat Suid-Afrika reeds uitgeval het was almal sterk agter Ghana reg om hul te ondersteun deur dik en dun. Ons was baie teleurgesteld op die manier waarop hulle uitgeval het. Ons het in Namibie die voorreg gehad om by n plaaslike swart werker n wedstryd te kyk sonder klank. Wat n belewenis. Die ware Afrika het werkilk saam gestaan.


Deur en deur was die wêreld Sokkerbek
er 2010 waarlik n belewenis, ek dink dit het vir almal weer hoop gegee vir ons land se toekoms en dit was die perfekte geleendheid vir ons land om as een nasie saam te staan. Ek hoop dat die gees in ons land nie sal ophou nie en dat die geluid van n vuvuzela vir almal nog lank sal herinner aan een van die grootste gebeutenisse in ons land nog.